Tweespoor, deur Helena Gunter – resensie

Tweespoor, deur Helena Gunter (Publisher: Protea Boekhuis, Pretoria, Suid Afrika, Julie 2018, 151 pp.)

Helena Gunter se dun, tweeledige kortverhaal-versameling met sy vervelige bruin bladontwerp, lyk skadeloos genoeg. Maar dit is eintlik ’n sweepslag in die vorm van ’n boek. Dit is in Afrikaans, oor Afrikaners van ’n spesifieke generasie, maar as daar ooit ’n Arikaanse boek was wat gelees behoort te word in Engels en in ander wêreld-tale, is dit díé een. Onthou jy die skandalige Stick Out Your Tongue, deur die Chinese skrywer MA Jian? Mense was verontreg en geskok deur sy uitbeelding van die inwoners van Tibet. Well, hierdie boek het ’n soortgelyke reaksie in Suid-Afrika ontlok, vir min of meer dieselfde redes.

Die titel is Tweespoor, wat verwys na die boek se twee dele, en ook na ’n dubbele treinspoor, teruggaan op jou eie spore, en sing of speel saam met ’n vorige opname van jou stem. Dit is ’n boek oor twee mense wat ernstige probleme met hul verlede het.

Deel 1 – “Tilla”

Deel 1 bestaan uit vier interafhanklike kortverhale – Diefstal, Kapokeiers, Padkos, en Ons Diamant – oor ’n meisie genaamd “Tilla”, was grootword op ’n plaas in the Kaap Provinsie in the jare sestig en sewentig. Tilla se wêreld lyk oënskynlik landelik en aangenaam, maar dit word gou duidelik dat haar ouers baklei, dat haar ma koudsielig is and dat haar pa op pad is na ’n senu-ineenstorting toe. En dat een van haar vriendinne se pa’s ’n pedofiel is.

In deel 1 kom die wrede waarhede van haar jeug tevoorskyn. Terwyl jy lees kry jy ’n nare gewaarwording. Die woorde, uitdrukkings, dinge, name en plekke van daardie tyd, wat so bekend en, altans vir my, geliefd is, neem ’n anderse betekenis aan in hierdie konteks. Gunter verander hulle in iets agterlik en skandelik, en ek het ’n punt bereik waar ek nie meer wou lees nie.

Gunter se uitbeelding van die tydperk is indrukwekkend gedetailleerd. Haar skryfstyl is, dink ek, soortgelyk aan dié van die gewilde Amerikaanse skrywer van kortverhale, Lucia Berlin, (November 12, 1936 – November 12, 2004), oor wie Patricia Lockwood skryf in die London Review of Books van Des. 6, 2018):

Lucia Berlin, Mirador Hotel, Acapulco, Mexico, November, 1961. Foto deur Buddy Berlin / Literary Estate of Lucia Berlin

“Berlin’s gifts are not the ones you have ever tried or been told to cultivate. The details she chooses are those you have purposefully eliminated, with that hitch in your ear that tells you to keep everything timeless: names of gas stations, laundromat chatter, ringworm cures. Gentian Violet! She maintains the private, freaky sensuality of a child who listens for certain satisfying sounds, sniffs for certain satisfying smells, puts marbles in her mouth, has a pet percolator named Skippy, grows up to write a whole story about macadam…She speaks from the present back into the past, post mortem, not with the distance of the doctor but the closeness of the nurse, who  might take the lilies home.” (p.3)

Bo: Media van die jare sestig in Suid-Afrika, en twee van die film wat “Tilla” sê dat sy gaan sien het.

Gunter behou definitief die private sensualiteit van mens se kinderjare, háár kinderjare dink ek, maar gedeeltelik ook myne, en sy is baie goed met die heropwekking van die verlede in die hede. Hier beskryf Gunter die kind, Tilla, wat toekyk hoe haar ma reageer op dié se man se ineenstorting, en op die gesin se swart huishulp steun vir hulp. Dit is die eerste van baie voorbeelde van die “dubbel-spore” in Suid-Afrika waarna die titel verwys.

“Dit was Ounên wat die aparte wêrelde waarin die groter geskiedenis hulle afgekamp het, kon ophef asof ’n plaashuis met sy kinderkwale en wit kwinte haar enigste werklikheid was.” (p.54)

Dit is ’n akkurate waarneming van die tipiese baas-werker-verhouding van die tyd. Gunter is my generasie van witmense gebore in Suid-Afrika. Sy is gebore in 1954 in Riversdale in die Kaap, en het grootgeword op ’n plaas. Soos sy, is ek in die Kaap gebore, het nog familie wat daar boer, en het Afrikaans studeer. Maar ek het die land verlaat en Kanadees geword – sy nie. Wat sy skryf is deesdae byna taboe in Suid Afrika. Noem dit Postkoloniale Literatuur as jy wil, om dit in ’n veilige  kategorie te plaas. Maar haar skrywe is tasbaar direk en erger nog, bly vassteek in jou kop. Dis jy, dié, sê sy, dis wat van jou geword het.

Gunter beeld uit wat baie mense, veral die liberales, onder mekaar murmereer oor die stand van sake in Suid-Afrika ná 1994. Niemand sê hardop hoe disfunksioneel en gewelddadig die land geword het nie, en hoe stemloos die minderheid witmense wat nog in the land is (ongeveer 8.4% van die totale bevolking) voel nie. Dit is eenvouding ondenkbaar om te praat oor die onbrugbare kulturele en sosiale gapings tussen rassegroepe. Maar in hierdie boek, doen Gunter dit.

Part 2 – “Fransina”

In deel 2, Angelus Novus Africanus, is die hoofkarakter “Fransina”, ’n vrou wat bietjie ouer as middeljarig is. Sy sukkel om sin te maak uit wat gebeur met met die land van haar geboorte. Omdat sy wit is, en “bevoorreg” weens haar familie en voorvaders se bevoordeling in die Apartheid-era, is sy nie welkom in die Nuwe Suid-Afrika nie. Ons ontmoet Fransina die eerste keer wanneer sy by ’n verkeerskruising staan (soos bedelaars en smouse daar maak) in ’n paar waterstewels, ’n safari-hoed met vrugte en blomme, en ’n beige lycra lyfkous, met die boodskap, groot daarop geskrywe: “Help! Middeljarige wit vrou van Afrika. Geletterd. Goedwillig. Jammer. Wil verlede terugkoop en óór leef”.

“Maar enigeen wat hoop sy gaan met ’n Deense aksent sê: ‘I had a farm in Africa’, moet weer dink. Anders as die Blixen girl, is sy ’n gas in Afrika. Een aan wie die misdade van haar voorvaders besoek word. So leer sy.” (p.69)

Die sin met “misdade” verwys na Numeri 14, vers 18, in die Bybel:

“Ek, die Here, is lankmoedig en vol liefde; Ek vergewe ongeregtigheid en oortreding, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”

En so is dit met Fransina, wat alles probeer om te kan “turn on, tune in, and drop out” maar net nie kan wegkom van haar voorgeslagte van wit rasiste nie. Uiteindelik tref die waarheid haar:

“Sy het ’n buitelander geword in die plek wat sy gedink het hare was, gediskonnekteer, verlore in wat oorbly van ’n verlede waarvoor sy haar moet skaam. Sy verstaan nie die nuwe sleutels waarin sy moet sing nie. Sy hoort nie meer nie. Nie in dié kasteel nie. Sy moet vertrek. Ver weg gaan.” (pp. 79-80)

Tot op daardie moment, dink die leser nog dat Fransina net onbetrokke en onvervuld voel, maar dan gebeur iets wat deesdae amper te verwagte is in Suid-Afrika, iets so taboe, so afskuwelik en walglik dat ek ernstiglik wens dat ek daardie bladsye vanaf p. 94 (ironies genoem, Plesierrit) nooit gelees het nie. Ek wens ek het hulle eenvoudig oorgeslaan. Dit is die werklike draaipunt vir Fransina. Hoe sy reageer moet jy maar self lees.

Ek het al baie gewonder, hoe is dit moontlik vir ’n skrywer om vreesaanjaende dinge te beskryf as hulle dit nie self ervaar het nie? Die antwoord is goeie navorsing, ’n sterk verbeelding en uitstekende skryfvermoëns. Maar in hierdie geval, altans wat die besondere tydperk en milieu betref, het Gunter dit wel persoonlik ervaar (maar hopelik nie die gruwel-dinge van Plesierrit nie.)

Sy is besonder presies en akkuraat met haar taalgebruik (’n reeks moeilike dialekte van Afrikaans) en geslepe in haar herskepping van spesifieke situasies en karakters. Haar gebruik van Afrikaans, geskakeerd en speels, met woordspel, alliterasie en kreatiewe samevoegings, maar plek-plek ook oudmodies en met lang-vergete woorde, het veroorsaak dat ek soms gevoel het asof ek Wetenskapsfiksie lees, al is Afrikaans een van my moedertale.

“Angelus Novus”

Die groot-oogige figuur op die voorblad van die boek is deel van ’n 1920 monoprint deur die Switserse kunstenaar Paul Klee. Dit gee ons ’n idee van wat die verhale beteken. In sy opstel van 1940, Stellings oor die Filosofie van Geskiedenis, (Theses on the Philosophy of History), skryf die Duitse kritikus en filosoof Walter Benjamin, wat die werk gekoop het in 1921, as volg oor die ets (en Gunter haal dit aan in die boek):

Angelus Novus, drawing by Paul Klee (1920)

“Klee’s painting named Angelus Novus shows an angel looking as though he is about to move away from something he is fixedly contemplating. His eyes are staring, his mouth is open, his wings are spread. This is how one pictures the angel of history. His face is turned toward the past. Where we perceive a chain of events, he sees one single catastrophe which keeps piling wreckage upon wreckage and hurls it in front of his feet. The angel would like to stay, awaken the dead, and make whole what has been smashed. But a storm is blowing from Paradise; it has got caught in his wings with such violence that the angel can no longer close them. The storm irresistibly propels him into the future to which his back is turned, while the pile of debris before him grows skyward. This storm is what we call progress.” 

En dit is presies wat gebeur met Fransina – sy is nou die Nuwe Engel van Afrika wat die wrak van haar verlede aanskou, maar terselfdertyd vooruit geboender word in ’n wêreld in waarop sy haar rug gedraai het. Fransina, in vandag se Suid-Afrika, het ’n anderse soort krisis as Tilla, maar wat die leser moet begryp is dat die Suid-Afrika van vandag gevorm is uit die wêreld waarin Tilla grootgeword het. Die een het gelei na die ander. It is ’n kontinuum waarvan sommige mense nie kan ontsnap nie.

Die karakter van Fransina is soortgelyk aan dié van “May”, die vrou van “Newland Archer” in Edith Wharton se 1920 novelle, The Age of Innocence: 

“And as he had seen her that day, so she had remained; never quite at the same height, yet never far below it: generous, faithful, unwearied; but so lacking in imagination, so incapable of growth, that the world of her youth had fallen into pieces and rebuilt itself without her ever being conscious of the change. This hard bright blindness had kept her immediate horizon apparently unaltered.” (Part, 2, chapter 34)

Die “sosiale tragedie” van The Age of Innocence en Tweespoor word gemotiveer deur die relatiewe onvermoeëns van die hoofkarakters om verandering te herken en aan te gryp, sodat die wêreld van hulle jeug rondom hul verval en weer herbou word en hulle nie aanraak nie.  (Wel, tot op ’n punt.)

Probeer om die boek in die hande te kry

Probeer om die boek in die hande te kry en te lees. Ek dink dit is ’n belangrike werk maar ek twyfel of dit gewild sal wees. Jy sal dit nie in Amazon kry nie, wel op die boekrakke van ’n paar handelaars in suid-Afrika (en verkeerdelik beskryf as “poësie” op haar uitgewer se webblad). It was waagmoedig van Gunter om hierdie onderwerp aan te pak, om vorm te gee aan gemeenskappe en aan ideologieë wat deesdae, soos “Lord Voldemort”, nie meer genoem mag word nie. Ek het die boek purgerend gevind, onaangenaam, maar ook ’n verligting. Uiteindelik het iemand ’n spiëel opgehou vir my en mense soos ek, en ons vergete, alledaagse geskiedenis gereflekteer en ons swye stem gegee.


About Helena Gunter

Helena Gunter

Helena Gunter is gebore 19 November 1954 in Riversdale in die Kaap Provinsie. Sy het grootgeword op die plaas Rhenosterfontein, naby die mond van die Breederivieer. Sy het ’n MA graad voltooi in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit Stellenbosch, onder leierskap van die outeur Marlene van Niekerk. Haar eerste versameling kortverhale,  Op ’n plaas in Afrika is gepubliseer in 2007, en daarvoor het sy die Eugène Marais Prys ontvang in 2008. In 2011 het haar volgende versameling kortverhale, Met koffer en kaart, verskyn. Sy het nie ’n webblad of blog nie.


Oor die webblad se illustrasie:  Die figure van die Maagd Maria en die Jesus-kind is uit ’n skildery in die Bisantynse style, in my besit, deur die beroemde digter en kunstenaar, Vader Jacobus van der Riet, van die Orthodox Church at St. Nicholas of Japan, in Johannesburg. Ek het gedink die ikoon is gepas aangesien Gunter die “Nuwe Afrika Engel” uitbeeld.